info@sarugbyleague.co.za
  South African Rugby League
  • Home
    • About >
      • More info
    • Admin
    • Hall Of Fame >
      • Kobus Botha
      • Tom van Vollenhoven
      • Len Killeen
      • Green Vigo
      • Jan Prinsloo
      • Louis Neumann
      • Alan Skene
      • Tiaan Strauss
      • Goolam Abed
      • Wilf Rosenberg
      • Adrian Jacobus Van Heerden
      • Enslin Dlambulo
      • Johannes "Jan" Albertus Prinsloo
      • Hennie Visser
      • Jan Prinsloo
  • Rhinos
    • Fixtures & Results
    • RLIF Wolrd Rankings
    • Rhino Archives
    • Students
  • Domestic Season
    • Clubs
    • Fixtures & Results >
      • Kobus Botha Rhino Cup
      • SARL Protea Cup
      • Jan Prinsloo Regional Cup
  • Referees
  • SARL TV
  • #Social
  • Registrations
    • Member Reg
    • Training Reg
  • Contact Us

SA Rugby League is op ‘n nuwe pad

2/20/2018

 
Picture
 Rugby League is ‘n 13 man weergawe van rugby en word al sedert die 1960’s in Suid Afrika gespeel. Bekende Springbokke van ouds soos Tom van Vollenhoven, Ray Mordt, Rob Louw en Warren Brosnian  het beide die 15 man unie rugby sowel as Rugby League gespeel. Tenspyte van ‘n aktiewe klub liga het dertien man rugby net nog nooit werklik tot sy reg gekom in Suid Afrika nie.

​

In lande soos Australia, Nieu Zealand en Engeland is Rugby League ‘n baie populêre sport waar die getal Rugby League spelers meer is as die van die bekende 15 man rugby unie in van hierdie lande.
Ons sal graag Rugby League as ‘n volwaardig erkende sport in Suid Afrika vestig., aldus Frans Erasmus,  Vise President van SA Rugby League.  Erasmus was al voorheen betrokke by 15 man unie rugby op skole, provinsiale en nasionale vlakke.  Hy was onder andere die deel van die afrigtingspan van die vroue 15 man Nasionale span saam met Jan Hanekom. Sy betrokkenheid by Rugby League spruit uit sy belangstelling om minder bekende sporte in Suid Afrika te promofeer.
Frans Parsons, die Hoof Uitvoerende beampte van SA Rugby League sê dat Rugby League ‘n baie meer fisiese en vinnige rugby oplewer. Parsons het beide weergawes van die sport gespeel en speel trouens nog steeds. Hy het ook verskeie kere vir die SA Rugby League se nasionale span, die Rhino’s uitgedraf waarvan hy vir twee jaar ook die kaptein van die span was. Parsons is van mening dat baie unie rugby spelers Rugby League in hulle af seisoen speel en dit verbeter hulle vaardighede aansienlik. Hy reken ook dat Rugby League ‘n baie toeskouer vriendelike sport is.
SA Rugby League beoog ook om Rugby League uit te brei na skole vlak. As deel van hierdie projek word daar op Saterdag 24 Februarie ‘n  Rugby League Neges Feesdag aangbied by Prestige College in Pretoria. Die doel van hierdie toernooi is om die sport bekend te stel aan die publiek en om aan die skool seuns die geleentheid te gee om te sien hoe gesoute league spelers sake op die veld uitspook. 
Vyf spanne vanuit verskillende provinsies sal teen mekaar deelneem en die publiek is meer as welkom om die toernooi te ondersteun om meer te wete te kom oor die sport. Skole spanne sal ook vir die eerste keer in Suid Afrika aan hierdie tiernooi deelneem. Vir meer inligting in die verband kan die Direkteur van Bemarking Armand Bahre gekontak word by armand@gijmining.co.za
Frans Erasmus het bygevoeg dat SA Rugby League nou oor ‘n nuwe dinamies bestuurspan beskik en hy sien uit na die nuwe pad wat Rugby League in Suid Afrika inslaan.



Comments are closed.

    Categories

    All
    4 Nations
    Aus Tour 2015
    Commonwealth
    Development
    International News
    Match Officials
    Match Report
    New Clubs
    Provincial News
    Referees
    Rhino Cup
    Rhinos
    SARL Inhouse Activities
    Students
    Tri Nations
    Tri-Nations
    U/19
    Virtual Rhino Cup 2020
    World Cup

    Archives

    May 2022
    March 2022
    February 2022
    January 2022
    December 2021
    November 2021
    October 2021
    September 2021
    August 2021
    July 2021
    February 2021
    December 2020
    November 2020
    October 2020
    September 2020
    July 2020
    June 2020
    May 2020
    November 2019
    June 2019
    April 2019
    March 2019
    September 2018
    June 2018
    April 2018
    March 2018
    February 2018
    October 2017
    May 2017
    April 2017
    March 2017
    February 2017
    January 2017
    December 2016
    November 2016
    October 2016
    September 2016
    August 2016
    July 2016
    June 2016
    April 2016
    March 2016
    February 2016
    September 2015
    July 2015
    April 2015
    December 2014
    November 2014
    October 2014
    September 2014
    August 2014
    July 2014
    June 2014
    May 2014
    April 2014
    March 2014

Website by DeodataDigital.co.za